‘n Stêr reis oor Bethlehem

18 September 2018  Read: 169

 

‘n Seuns- en dogter tennisspan van Hoërskool Merensky het vanaf 6 September aan die Inter-Africa Bethlehem uitdaag toernooi op Bethlehem deelgeneem.

Meer as 30 spanne van regoor die land was by die toernooi en het Merensky in die B-afdeling (wat 19 van die skole ingesluit het) teen hoërskole Helpmekaar, Voortrekker, Witteberg, Fichardtpark, Middelburg, Linden, Landboudal, St Michaels, Frankfort, Randburg en Afrikaans Hoër te staan gekom.
Op Donderdag en Vrydagoggend is poelwedstryde gespeel, waarna uitkloprondes Vrydagmiddag en Saterdagoggend gevolg het.

Alhoewel die meisies nie hul tennisskoene aangehad het nie en 19de geeïndig het, het die seuns hul rakkette gespan en 6de geeïndig. Hulle verloor teen Voortrekker (21-48), Fichardtpark (27-38) en Randburg (33-37), maar tree as oorwinnaars uit die stryd teen Helpmekaar (38-28) en Witteberg (33-32).

 
 
 
 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first