Vossie dryf VK-sege

03 October 2018  Read: 168

 

Die Inyathi’s (Hoërskool Ben Vorster se Tweede rugbyspan) het gedurende die Maart vakansie aan ‘n rugbytoernooi in Pretoria deelgeneem. Die toernooi is op die Grootvlei Sport Akademie se velde gehou en tydens hierdie toernooi is daar ‘n spesiale span aangewys wat in volgende week se Oktober vakansie deur Engeland en Skotland gaan toer.

Ben Vorster se Franco Broodryk, ‘n Graad 11 leerling, is tydens hierdie toernooi as die kaptein van hier-
die span aangewys. Dié span het op die 15de en 16de September ‘n oefenkamp in Pretoria bygewoon waartydens Broodryk amptelik aangewys is.

Tydens die 2018-seisoen het Barendse die binne-senter trui vir die Inyathi’s oor die kop getrek en was ook die kaptein wat hul tot in die Virsekerbeker eindstryd in gelei het.

 
 
 
 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first