Renzo, steady, go!

08 October 2018  Read: 113

 

Hoërskool Ben Vorster spog met ‘n rugbyspeler uit die boonste rakke. Die kaptein van die Vossies se dodelike O/16A-span, Renzo du Plessis, is in die Limpopo Blou Bulle se 7’s span ingesluit wat verlede week aan die O/17 Interprovinsiale Sewes toernooi op Potchefstroom deelgeneem het. Saam met Du Plessis was twee van sy spanmaats, Sean Roulsten en Lennard Joubert asook buurman Danie Potgieter uit Hoërskool Merensky.

Na afloop van hierdie toernooi is Renzo af Paarl toe in die Wes-Kaap om aan die Elite Player Development rugbyoefenkamp te gaan deelneem. Hy is die enigste speler in die Limpopo provinsie wat uitgenooi is om aan hierdie prestige program deel te neem.

Die oefenkamp strek vanaf 1-6 Oktober waar die Top 45 O/16-seuns  in Suid-Afrika vir ‘n week bymekaar kom om spelers se vaardighede te evalueer en sodoende ‘n databasis van elke speler op te bou.

 

 
 
 
 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first