Dit was toe drie-elk

12 November 2018  Read: 369

 

‘n Week na die amptelike opening van die Astro@Benvorster het twee gemengde ope-spanne mekaar die stryd aangesê. Ouers en personeel van Laerskool Tzaneen Primary het die personeel van gasheer Ben Vorster aangevat in ‘n vriendskaplike wedstryd wat met drie doele elke gelykop geïndig het.

Die paviljoen was vol gepak met beide skole se toeskouers. Die Larries het eerste punte op die telbord gesit deur ‘n doel deur Bulletin redakteur, Joe Dreyer in die eerste twee minute en die Rooimasjien het op dreef gekom en dadelik geantwoord met ‘n doel deur hul rugbyafrigter Peter Schutte.  

Vir meeste van die spelers was hierdie hul heel eerste hokkiewedstryd en die heel eerste keer dat hulle op ‘n astrobaan uitgedraf het. “Dit was lekker dankie ouens, maar ek sal nie weer dink dis ‘n glybaan nie,” het Corrie Large Junior na die wedstryd gesê. “Ons moet dit verseker meer ge-reeld doen,” het Stephen Cremore bygelas.

Die wedstryd het drie elk geëindig en die wisseltrofee is gedeel. Met ‘n hele paar stukkende knieë en stywe spiere is daar na die tyd lekker gekuier om die braaivleisvuur. Dit is net daar besluit dat dit nou ‘n jaarlikse instelling gaan wees.  Die Hoërskool Ben Vorster bedank graag die Larries vir die suksesvolle geleentheid en elke speler en toeskouer vir hul ondersteuning.

 
 
 
 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first