Vossie Flippers presteer tydens Level 3 swemkampioenskappe

17 April 2019  Read: 162

 

Joe Dreyer

Die Suid-Afrikaanse Level 3-swemkampioenskappe het vanaf 28-31 Maart 2019 in Germiston (Johannesburg) plaasgevind.  Soos elders in hierdie koerant berig, het swemmers vanuit al die skole in die dorp uitstekend goed presteer te midde van die strawwe kompetisie.

Hoërskool Ben Vorster het vier swemmers by die hierdie kampioenskappe gehad en elkeen van hulle het net sulke goeie prestasies gelewer. Juan Meintjies, die belowende o/13 swemmer het in vier finale teen die land se beste swemmers in hul ouderdomsgroep te staan gekom. Wat sy prestasie indrukwekkend maak is dat elk van die finale in ‘n ander dissipline (swemstyl) was. In die 50m Borsslag raak hy derde aan die wal – dit was ook sy enigste brons medalje van die byeenkoms. Daarna het hy drie goue medaljes in 50m Vlinder-, Vry- en Rugslag items verwerf.

Erno Botha het in die Seuns o/15-o/18 ouderdomsgroep ‘n brons medalje in die 100m Rugslag verwerf en sewende plek in die 50m Rugslag finaal verwerf. Marnus Kruger (o/14) het tiende in die 50m Vlinderslag finaal en agtste in die 200m Borsslag finaal geëndig. Pieter du Toit het negende en agste in die 50m en 100m Vlinderslag finale onderskeidelik geëindig.

 
 
 
 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first