Protea vir Zack

17 April 2019  Read: 193

 

Joe Dreyer

Zack Verster, ‘n leerling van die Hoërskool Ben Vorster, is gekies om deel te neem aan die 2019-SABAA-Junior Nasionale Kampioenskappe.  Die kampioenskappe het vanaf 28 – 31 Maart 2019 by Witbankdam plaasgevind.

 Die top 36 junior hengelaars (van vyf swartbaars divisies uit Suid-Afrika) het dit uitgespook om die eerste 13 posisies te behaal en sodoende gekies te word vir die Protea span . Die Protea span neem in Desember 2019 aan die SABAA-Junior Internasionale Kampioenskappe, wat hierdie jaar in KZN by Albert falls Dam plaasvind, deel.

Na ‘n uitmergelende paar dae het Zack Verster ‘n 4de plek uit 36 hengelaars behaal en is hy opgeneem in die Protea span.

 
 
 
 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first