Die jaarlikse Wolkberg Rolbaltoernooi is vanjaar vir die 48ste keer op die bane van die Duiwelskloof Rolbalklub aangebied om op gepaste wyse die 80ste bestaansjaar van hierdie sportklub te vier. Die toernooi het Vrydagmiddag die 28ste Junie afgeskop met ‘n geselligheid en so paar rondtes vriendskaplike wedstryde tussen vriende en familie. Die volgende oggend het die ernstigheid van die toernooi oor die Modjadjiskloof bofbane toegesak en het die spanne in alle erns begin meeding met die prysuitdelingsfunksie wat Sondagmiddag by die klubhuis plaasgevind het.

Daar was altesaam 28 spanne van oral om, insluitend Rustenburg, Louis Trichardt, Sabie, Pretoria en Naboomspruit wat teen die plaaslike spanne kom deelneem het. Na ‘n naweek se top klas rolbal aksie was dit die span van Louis Trichardt wat met die loure, en ‘n kontantprys van R10 000 geborg deur Gert Brits & Associates, weggestap het. Die toernooi se naaswenners was ‘n span uit Pretoria wat met R5 000 prysgeld geborg deur ASG Services die terugtog stad toe kon aanpak en in die derde plek was dit die span van Pottie Potgieter uit Hoedspruit wat met R2 000 geborg deur Trophy Toyota Motors weggestap het.

Die President van Duiwelskloof Rolbalklub, Louw Swanepoel het die borge hartlik bedank vir hul bydrae en jaarlikse ondersteuning naamlik ATKV-Eiland Spa, Komati Groep, Fat Chicks Boerdery, Hobby Print, Mediclinic Tzaneen, Northern Security, Overland Liquors, Peppadew, Allesbeste, Westfalia, ZZ2 en Lekkerbreek.

 
 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first