ie keurders van die Suid-Afrikaanse O/18 skole rugbyspanne wat tydens die afgelope O/18 Cravenweek spelers met valk oë dopgehou het, het dit moeilik gevind om Limpopo se uithaler flank, Renzo du Plessis, mis te kyk.

Du Plessis het deurlopens indruk gemaak gedurende die Cravenweek toernooi. Dit was veral sy gewilde 103m individuele drie teen die span van die Griekwas wat die kollig van die keurders op hom laat skyn het.

Dus is dit geen verrassing dat hy vir een van die twee SA O/18-skolespanne in aanmerking gereken is nie. Du Plessis is deel van die O/18 SA A-span. Die hoofspan is die SA-Skolespan en die SA span A is die tweede keuse span. Du Plessis is ook die enigste speler van die Limpopo Blou Bulle wat in aanmerking vir keuring gekom het.

Beide hierdie spanne gaan aan ‘n internasionale O/18-reeks ondermeer teen spanne van Engeland, Wallis, Argentinië en Frankryk speel. Hierdie O/18 internasionale reeks sal op Vrydag die 9de Augustus by die Paul Roos Gimnasium op Stellenbosch afskop.

Die volgende wedstryde op Dinsdag die 13de Augustus sal by die Paarl Gimnasium in Paarl gespeel word. Die laaste wedstryde van hierdie reeks sal op die 17de Augustus by die Hoërskool Hugenote op Wellington te einde loop.

Die onderskeie afrigters van die O/18 SA Skolespanne is Mzwakhe Nkosi (Goue Leeus, SA Skole) en Phiwe Nomlomo (Grens, SA Skole A).

O/18 Internasionale reeks bepalings:
Vrydag 9de Augustus (Paul Roos Gymnasium, Stellenbosch)
13:00 - SA Skole A vs Frankryk
14:00 - Engeland vs Argentinië
16:00 - SA Skole vs Wallis
Dinsdag 13de Augustus (Paarl Gimnasium, Paarl)
13:00 - SA Skole A vs Wallis
14:30 SA Skole vs Argentinië
16:00 - Engeland vs Frankryk
Saterdag 17de Augustus (Hoërskool Hugenote, Wellington)
12:00 - SA Skole A vs Argentinië
13:30 - Frankryk vs Wallis
15:00 - SA Skole vs Engeland.

 
 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first