Die Hoërskool Ben Vorster se hokkiespanne het aan die medium skole se jaarlikse Noordvaal Toernooi deelgeneem. Dit was veral die Vossies se O/14A-meisies wat beindruk het deur die O/14A Noordvaal kampioenskap algeheel te wen.

Hierdie hokkietoernooi was van die 31ste Julie tot die 3de Augustus gehou. Die Vossies het vanjaar geskiedenis gemaak deur al hul spanne in die Noordvaal Toernooi verteenwoordig te hê.

Die O/14A-span het by Cornwall Hill College in Pretoria deelgeneem. Hulle het in die C-poel teen Hoërskole Rustenburg, Secunda en Hatfield Christian School meegeding. Die Vossies wen al drie hierdie kragmetings onderskeidelik met tellings van 4-0.

In die kwarteindrondte het Ben Vorster met ‘n telling van 4-1 met die Hoërskool Ben Viljoen se span afgereken om later in die halfeindstryd die span van die Hoërskool Driehoek met 5-0 kaf te draf.

Hierdie toernooi se eindstryd het van die begin af beloof om meer as net die verwagte spanning uittelok met die nuus dat dit ‘n stryd tussen die twee buurskole, Merensky en Ben Vorster sou wees. Dit nadat die Plasies ook hul pad deur die uitkloprondtes geveg het om uiteindelik teen die Rooies te staan te kom.  

Beide spanne se spelers is mekaar goedgesind en het inteendeel net ‘n jaar gelede saam in dieselfde spanne vir die laerskoolspan uitgedraf. Hierdie het gemaak vir een baie harde wedstryd wat tot op die nippertjie ‘n wipplank geryery was totday Ben Vorster uiteindelik een meer doel teen die bord laat klink het om met ‘n telling van 2-1 as kampioene uit die stryd te tree.

Die eerste meisiespan se Noordvaal Toernooi aanslag het op Ermelo by die Hoërskool Ligbron plaasgevind. Altesaam 16 spanne het hier deelgeneem en die Vossies het ‘n derde plek algeheel behaal.

In die uitspeelwedstryde klop die Vossies vir Hoërskool Alberton met 3-1 en in die tweede wedstryd teen die Hoërskool Dr Malan het hulle met een doel, 3-2, verloor. Die Vossies het egter die volgende groepwedstryd teen Standford Lake College met 2-0 gewen om sodoende na die kwarteindstryd deur te dring.

Hier het die Vossies teen Curro Bakenveld te staan gekom en het hierdie wedstryd met 2-1 gewen. In die halfeindstryd verloor die Vossies egter met 0-1 teen die span van die Hoërskool Hoogenhout.

In die uitspeel-wedstryd om die derde en vierde plekke het die Vossies weer teen Hoërskool Dr Malan se span gespeel. Die Vossies wie vroeër teen hierdie span in hul ontmoeting verloor het, klop Dr Malan se meisies die keer met 3-2.

Met hierdie oorwinning het Ben Vorster se eerste meisiesspan vir hul derde plek algeheel die brons medalje ingepalm.

 

 
 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first