‘n Aantal leerlders van Laerskool Duiwelskloof het Saterdag die 31ste Augustus in die omgewing van Haenertsburg aan die laaste rondte van die Spur Skole Bergfiets Liga deelgeneem en presteer.
Dis veral dié Klofies se bergfietsryers Anke Rood en Chantené en Leila van Wyngaardt wat weereens bestendig vertoon het in die laaste rondte ligawedren.

Hierdie laaste rondte, die Tour de Lake was aangebied deur Stanford Lake College van Haenertsburg.

Leila van Wyngaardt het in die subnippers afdeling deelgeneem waar sy ‘n uitstekende eerste plek behaal het. Met hierdie oorwinning het sy tweede algeheel in die liga geëindig wat haar Limpopo kleure besorg het.

Chantené van Wyngaardt wie in die sprogs-afdeling vir meisies deelgeneem het, het ‘n derde plek in die Tour de Lake behaal om derde algheel in die reeks van vier wedrenne te eindig. Met hierdie prestasie het sy haar Limpopo kleure verwerf.

Anke Rood het in die afdeling vir sub-junior meisies gery en goed gevaar om tweede oor die wenstreep te jaag. Sy het met die prestasie tweede algeheel in die reeks geëindig om haar Limpopo kleure te verdien.

 
 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first