Padfietsryers het Saterdag die 7de September die ATKV Eiland Spa Vula-Vula padfietswedren in koud en nat toestande aangedurf.

Jaco Fouché was soos ‘n vis in water en het die hoofwedren oor ‘n afstand van 100km gemaklik gewen. Fouché het die wedren in ‘n tyd van 02:42:13.2 voltooi.

Die tweede en derde plekke se fietsryers het byna nek aan nek oor die wenstreep gejaag. Die tweedeplek is deur Roan Cloete (02:49:17.9) ingeneem met Jacques Coetzee (02:49:20.5) wat in die derdeplek klaargemaak het.

Soos wat Fouché die 100km wedren vir mans oorheers het, so het LS Fouché die vroue se 100km wedren gewen. Sy het met ‘n tyd van 02:50:30.2 dié oorwinning behaal.

Die tweedeplek was deur Shirley Schriven (02:57:10.5) ingeneem met Janine Pretorius (02:57:11.5) wie die derdeplek behaal het. Die 100km se tandem-afdeling was deur Walt en Zelda Katzke gewen.

Gunther Katzke wie slegs 16 jaar oud is, het die 70km wedren in ‘n tyd van 02:02:59.7 gewen. Hannes Malan (02:03:00.6) was tweede en Elmo Barnard (02:03:00.7) het in die derdeplek gevolg.

Eliz- Mari Pretorius was die eerste vroue deelnemer oor die wenstreep in die 70km wedren. Sy het die afdeling in ‘n tyd van 02:03:06.8 gewen. Christelle Coetzer (02:10:32.8) het Pretorius in die tweedeplek gevolg met Simoné Oberholzer (02:17:03.3) wat in die derdeplek vir Oberholzer gevolg het.

Uitslae:
45km mans
Eerste - Tyrone Anders (01:29:27.6). Tweede - Wayne Burger (01:29:31.9). Derde - John-Robert Honiball (01:33:33.6).
45km Vrouens
Eerste - Shani Rudder (01:35:50.6). Tweede - Elisma Minnaar (01:39:15.7). Derde - Erika MacConnel (01:43:04.1)
14km seuns
Eerste - Max Drewett (00:28:45.8). Tweede - Gordon Noëlet (00:30:26.4). Derde - Matthew Scriven (00:30:36.7).
14km meisies
Eerste - Chantene van Wyngaardt (00:37:16.6). Tweede - Sharon Jones (00:40:23.6). Derde - Chantelle Luther (00:40:32.1).

 

 
 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first