Rugbyliefhebbers en ondersteuners van dié sport word deur die bestuur van Letaba Rugbyklub gemaan om alle planne vir die dag van Saterdag die 28ste September opsy te skuif. Dis wanneer die jaarlikse Letaba Ou Manne teen die Jong Manne Rugbydag gehou gaan word.

Hierdie rugbydag word op die rugbyveld van Letaba Rugbyklub by Tzaneen se skouterrein gehou. Volgens Bennie Krüger, ‘n addisionele lid van Letaba Rugbyklub se bestuur, was die ‘n jaarlikse tradisie van die klub.

Hy sê nadat die geleentheid vir ‘n paar jaar opgehou het, het die tradisie weer in 2016 begin en sedertdien het dit weer jaarliks ‘n instelling op Letaba Rugbyklub se kalender geword.

Krüger sê verrigtinge vir hierdie geleentheid gaan begin word met ‘n vertoning van die Springbokke se Wêreldbeker-wedstryd in Japan teen die span van Suid-Afrika se buurland, Namibië,
Daarna gaan die aksie op Letaba se rugbyveld in alle erns begin wanneer Letaba se derdespan teen die Pumbas XV uitdraf. Na die wedstryd gaan twee spanne van spellers bo 40 jaar oud mekaar aandurf.

Die hoofwedstryd van die dag, die Ou Manne teen die Jong Manne, word vir laaste gehou. Volgens Krüger is dit om oud-spelers van die klub asook die voormalige Tzaneen Rugbyklub op ‘n manier te betrek by die sport, maar die uiteindelike doelwit volgens hom is om pret en ontspanning vir die spelers, families en ondersteuners te bied.

Program vir Saterdag die 28ste September:
12h00 - Suid-Afrika vs Namibië
14h00 - Letaba 3 vs Pumbas XV
15h30 - Bo 40 jaar vs Bo 40 jaar
17h00 - Ou Manne vs Jong Manne
20h00 - Prysuitdeling word gevolg deur bring en braai.

 
 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first