Noordchem het die afgelope naweek hul derde jaarlikse Aandeelhouer Gholfdag op die grasgroen setperke van die Tzaneen Buiteklub gehou. Daar was vanjaar tien spanne wat aan hierdie dag, gemik daarop om aan elke aandeelhouer dankie te sê vir hul ondersteuning deur die loop van die jaar, deelgeneem het. Die spanne het in ‘n vierbal formaat gespeel met die twee beste tellings wat getel het vir die span se totale eindtelling.

Vir elk van die wenners is daar fantastiese pryse deur Noordchem, Villa, Unigro en BASF geborg wat tydens die geselligheid na die dag se spel in die klubhuis uitgedeel is. Na ‘n lang dag van goeie gholf, en so paar baie noue kolskote, het die manne by die negentiende putjie vasgeval. Daar is dit toe beslis dat die twee manne wat die verste dryf vir die dag aangeteken het JP Prinsloo en Daryl Blanchard was. Hulle is daarvolgens vir hul dryfkrag beloon.

Die Noordchem span wat uit Sampie Smit, Diek Coetzee, Leon Dreyer en Armand Starbuck bestaan het, is as die span met die beste gees aangewys en het elkeen met ‘n biertjie weggestap as belonging. Nico Smit is as die beste speler van die dag aangewys voor hy later saam met die res van sy Mahela spanmaats as die algehele wenspan vir die dag aangewys is. Noordchem gebruik dan ook die geleentheid om elkeen van hul aandeelhouers hartlik te bedank vir nie net hul ondersteuning
deur die jaar nie, maar ook vir nog ‘n suksesvolle en hoogs genotvolle gholfdag.

 
 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first