Thundering Hooves Western Equestrian Klub op Tzaneen is baie trots om te sê dat ons die grootste Western Mounted Games klub in Limpopo is, volgens Zonya Beukes, klubvoorsitter en senior beoordeelaar van dié klub.
“Die klub het drie jaar terug klein begin en het met uitmuntende ruiters en uitstaande uitslae van krag tot krag gegroei. Ons handhaaf ‘n balans van goeie waardes en ‘horsemanship’ waar ons ruiters in ‘n veilige omgewing as familie hul volle potensiaal kan uitleef deur hul gunsteling dissipline te beoefen”, het Beukes gesê.
Die klub is bevoorreg om twee dinamiese Western Mounted Games senior beoordeelaars in sy midde te hê.  Zonya en Dino Beukes gee die pas aan en handhaaf ‘n hoë standaard wat een van die bydraende faktore is tot die ruiters se sukses deur die jaar.
Tydens die 2019 nasionale kampioenskap op Parys het 50% van Thundering Hooves se ruiters Limpopo verteenwoordig. Altesaam 12 van die 22 ruiters wat die jaar opgeskuif het met ‘n vlak in Limpopo is ruiters wat van Thundering Hooves afkomstig is.
“Die ruiters wat van ‘n gewone plaasperd af op gewerk het tot hul volle potensiaal het uitmuntend presteer weens hul toewyding en harde werk. Elke ruiter kan baie trots wees op hulself”, het Beukes gesê.
“Ons belê graag in ons ruiters sodat hulle die professionele Western Mounted Games afrigting tot hulle beskikking kan gebruik. Dusty Hill Western Venue, die tuiste van Thundering Hooves, is ‘n ten volle SAWMGA goedgekeurde klub waar elke ruiter ‘n gelyke geleentheid sonder uitsondering gegun word om tot hul volle potensiaal te groei”, het Beukes gesê.
Beukes sê Thundering Hooves het vanaf die 6de tot die 8ste Desember by die ATKV Eiland ‘n fantastiese jaar afsluitingsfunksie gesamentlik met die klub se prysuitdeling gehou vir sy 27 ruiters wie in 2019 deelgeneem en presteer het.
Beukes het ook spesiale dank aan Mariëtte van der Westhuisen vir haar toegewydheid as kommiteelid van Thundering Hooves.

Deelname aan kwalifiserende skoue 2019 toekennings:
Dawie van Jaarsveld (Dusty en Robyn), Denise van Niekerk (Van Dyk)
Sunjana Olivier (Olef), Geziena Wolmarans (Charlie), Philippe Wolmarans (Rodger), Theuns Kotzee (Ruby Girl), Tharina vd Walt (Nandula)
Carli Mooi (Milan), Annabelle Kotzee (Penylope), Nicola Brink (Ceaser), Linke Viljoen (Rockall’s Shadow).

Nasionale Span 2019 toekennings:
Adriaan van Brakel (Sunset Beat en Saartjie), AJ vd Westhuizen (Willem), Anisa Müller (Little), Anya Beukes (Billy the Kid), Casey van Wyk (Ugo River), De La Rey Kotzee (Goliat), Egbert Mooi (Inka), Ettiene Beukes (Bosveld), Jacolien Knox (Hibie), Lene Kloppers (Nikita), Minete Wolmarans (Sangria), Tharishca vd Walt (All Star), Sieghard Müller (Yelo Deck en Drift), Stephanus van Jaarsveld (Robyn Ruby)
Zonya Beukes (Lafras).

Toekennings vir vordering in vlakke:
Een vlak gevorder - AJ vd Westhuizen (Willem), De La Rey Kotzee (Goliat), Egbert Mooi (Inka), Jacolien Knox (Hibbie), Lene Klopers (Nikita), Minete Wolmarans (Sangria), Stephanus van Jaarsveld (Robyn Ruby), Sujana Olivier (Olef) en Tharishca van der Walt (All Star).
Twee vlakke gevorder - Anisa Müller (Little).
Drie vlakke gevorder - Casey van Wyk (Ugo River), Sieghard Müller (Drift).
Toekennings vir toegewydste ruiters vir 2019:
De La Rey Kotzee (Goliat)
AJ van der Westhuizen (Willem).

Toekennings vir opkomende ruiters 2019:
Sieghard Müller (Drift)
Casey van Wyk (Ugo River).

Ruiter van die Jaar 2019 toekennings:
Junior Ruiter van die Jaar - De La Rey Kotzee (Goliat)
 
Senior Ruiter van die Jaar - Adriaan v Brakel (Sunset Beat)

‘n Aantal ruiters van Thundering Hooves het toekennings ontvang op Saterdag die 2de November in Polokwane by die SANESA en SAWMGA (South African Western Mounted Games) Limpopo se jaarlikse prysuitdeling.

Die ruiters van Thundering Hooves was vanweë hul prestasies gedurende dié jaar met ‘n rits toekennings vereer.

SANESA toekennings:
Beste Ruiter Vlak 1 hoërskole - Minette Wolmarans
Beste Ruiter Vlak 4 hoërskole - AJ van der Westhuizen
Beste Ruiter Vlak 5 laerskole - De La Rey Kotzee.

SAWMGA toekennings:
Beste Ruiter Vlak 1 - Lené Kloppers.
Beste Ruiter Vlak 2  - AJ van der Westhuizen
Beste Ruiter Vlak 3 - De La Rey Kotzee.

Die Horsemanship toekenning het aan Ettiene Beukes gegaan.

Die volgende ruiters het SAWMGA toekennings ontvang vir rekords wat verbeter was:
Jacolien Knox
Sieghard Müller.

Die Snyman Voere wisseltrofee vir die Western Mounted Games en SANESA Toegewydste Laerskole Ruiter was deur De La Rey Kotzee ingepalm. Hierdie toekenning vir ‘n hoërskole ruiter het aan Minette Wolmarans gegaan.
Tharishca van der Walt was as die SANESA Skole Ruiter van die Jaar aangewys. De La Rey Kotzee het met die SANESA Ruiter van die Jaar wisseltrofee weggestap.
Sieghard Müller het die SAWMGA Opkomende Ruiter van die Jaar toekenning ontvang. Adriaan van Braakel was vir die SAEF junior span verkies.

 

 
 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first