Vossies kraai weer 7’s-koning

Die Vossies vier hul oorwinning. Links staan mnr Chris de Nysschen, Ben Vorster se waarnemende hoof, en agter staan mnre André Hay en Ian van Heerden. Links voor kniel mnr Hein Wagner.

Date:

20 February 2012

Read:

49 0,0,0,0,0,0,1

Print

Die Hoërskool Ben Vorster het hul sewesrugbytitel Saterdag suksesvol verdedig, toe hulle die Limpopo-ronde van vanjaar se @lantic 7’s-rugbyreeks, wat by Merensky gehou is, weer gewen het.
Skole soos PHS, Waterkloof, Menlopark, Eldoraigne, Wonderboom en Pionier van Vryheid het ook kom meeding.
Die Vossies het met die grotes, Menlopark en Eldoraigne, in hul groepwedstryde afgereken, voordat hulle in die eindstryd teen Middelburg met 26-12 gewen het.
Die gasheer, Merensky, se pad was nog oop, totdat hulle teen Middelburg in die groepwedstryde vasgeval het. Die telling was 21-14. Hulle planne het van daar skeef begin loop en is met leë hande huis toe.
Die span van Menlopark het ook ‘n be-stendige vertoning gelewer, maar kon die Vossies in hul groepwedstryd net nie klop nie. Hulle is ook met silwerware beloon, toe hulle in die eindstryd om die plaat met Pionier afgereken het.
Waterkloof, wat die wenner van hul groep was, is deur die Vossies in die half-eindstryd om die beker afgeransel. Hulle het in die wedstryd om die derde plek teen Wonderboom gespeel en gemaklik gewen.

to comment you need to login first - Login

Merensky wen in hul agterPlaas

14 May 2012 By Jean Aucamp
Sport: Die Hoërskool Merensky het Saterdag ’n treetjie nader aan Limpopo se rugbykroon vir medium skole gegee, toe hulle in hul tweede ligakragmeting teen Frans du Toit te staan gekom het.
13 0 Comments

Site Navigation

Written By

Recent Author Articles